CFC ESWATINI

Ons Glo

Geloofsverklaring

  • Ons glo aan die skrifte van die Ou en Nuwe Testamente in hulle oorspronklike vorm, soos geïnspireer deur God en neem dit aan as die algehele en finale outoriteit oor geloof en lewe.
  • Ons glo in een God, die ewige drie-eenheid, Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Ons glo dat Jesus Christus die eniggebore seun van die Vader is, verwek deur die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria en waarlik God is en mens was.
  • Ons glo dat God ons na Sy eie beeld geskape het; dat die mens gesondig het en daardeur die sondelas op himself gebring het, waarvan die straf die fisiese en geestelike dood is; dat alle mense ‘n sondige natuur beërf het wat lei tot (in die geval van die wat morele verantwoordelikheid bereik het) werklike oortreding wat persoonlike skuld insluit.
  • Rakende die seksuele natuur, glo ons in heteroseksuele verhoudings tussen ‘n natuurlike man en natuurlike vrou, binne ‘n wettige huwelik. Om aan hierdie voorskrifte te voldoen rakende seksuele natuur, is ‘n inherente vereiste vir lidmaatskap tot ‘n CHRISTELIKE GESINSKERK.
  • Ons glo dat die Here Jesus Christus in ons plek vir ons sonde gely en gesterf het, soos ‘n offerhande, volgens die Skrif en dat almal wat in Hom glo, gered is deur Sy bloed wat gevloei het.
  • Ons glo aan die liggaamlike opstanding van die Here Jesus, dat Hy lewend opgevaar het na die hemel en dat Hy tans as ons Hoëpriester en Advokaat vir ons intree.
  • Ons glo aan die persoonlike wederkoms van ons Here Jesus Christus.
  • Ons glo dat almal wat hulle sondes bely en die Here Jesus Christus aanneem in geloof, is wedergebore in die Heilige Gees en dus kinders van God word.
  • Ons glo aan die doop met die Heilige Gees, wat gelowiges versterk en vernuwe vir diens, met die meegaande bonatuurlike gawes van die Heilige Gees en die gemeenskap met die Heilige Gees. Ons glo aan die goddelike instellings van bedienings soos die Apostel, Profeet, Leeraar, Pastoor en Evangelis.
  • Wat aanbetref die onderdanigheid aan gesag, glo ons in die prinsiep dat jy gesag het, aangesien jy onder gesag leef. Dien verstande dat Christian Family Church-lidmaatskap onderhewig is aangesagsonderdanigheid in sake rakende kerkbestuur, leerstelling en persoonlike optrede.
  • Ons glo aan die opstanding van die wat gered is en nie gered is nie; die geseëndheid van die verlostes en die ewige uitgewordpenheid van diegene wat nie die saligmaking aanvaar het nie.
  • Ons glo dat die een ware Kerk die gemeenskap is van diegene wat salig gemaak is deur Jesus Christus en wedergebore is in die Heilige Gees; dat die aardse kerk die karakter moet aanneem van die geestelike kerk en dat die wedergebore en persoonlike gemeenskap sowel as die persoonlike erkenning van Christus belangrike aspekte van lidmaatskap is.
  • Verder glo ons dat die Here Jesus Christus twee verordeninge ingestel het: doop met water en die Nagmaal, wat in gehoorsaamheid gevolg moet word as ewigdurende tekens van die kardinale feite van die Christelike geloof, dat doop die onderdompeling in water is as ‘n bevestiging en identifisering met Christus se dood en heropstanding. Dat die Nagmaal die deelname is aan ‘n simboliese nagedagtenis aan die gebroke liggaam van die Redder en Sy bloed wat gevloei het, as ‘n konstante herinnering dat Hy vir ons gesterf het – tot die dag wat Hy terugkeer op die wolke.
  • Ons glo dat goddelike genesing in die Ou en Nuwe Testament voorkom en ‘n integrale deel van die evangelie is.
  • Ons glo die Bybel leer ons dat sonder heiligheid, geen persoon die Here kan sien nie. Ons glo dus aan die doctrine van heiligmaking as ‘n definitiewe dog progressiewe proses van genade, wat begin van die tyd van geboorte en voortgesit word tot die voleinding en saligmaking.
  • Ons glo dat die stelling van Jesus, in Mattheus 28 vers 19-20, gehoorsaam moet word. Dit is: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Amen.
  • Die broederskap is oop vir enige verdere waarheid wat die Heilige Gees bekend mag maak uit die Skrif.
AF
Scroll to Top